Home / Series / Orkney Snork Nie / Aired Order /

All Seasons

Season 1

  • S01E01 Bossie Botha se longe

    • May 10, 1989
    • SABC 1

    Hendrik besluit om op te hou rook nadat hy Bossie Botha, wat 60 sigarette per dag gerook het, se longe gesien het. Wimpie en Koert probeer rook maar Hendrik betrap hulle op heterdaad.

  • S01E02 Wingnuts

    • May 17, 1989
    • SABC 1

    Daar kom 'n nuweling in die van Tonder gesin en 'n storm bars los oor die kies van 'n naam.

  • S01E03 Die mynbestuurder se bal

    • May 24, 1989
    • SABC 1

    Maggie is moeg om alewig by die huis te sit en 'n uitnodiging na die Mynbestuurder se bal gryp sy met beide hande aan. Tant Anna se rokmakery lei tot een ontnugtering na die ander

  • S01E04 Man tot man

    • May 31, 1989
    • SABC 1

    Maggie vrees dat sy dalk weer kan verwag en daar is ook gerugte van 'n skoolmeisie wat oor die tou getrap het. Maggie besluit dit is tyd dat Hendrik die feite van die lewe met Wimpie bespreek.

  • S01E05 Rusty sit en roes

    • June 7, 1989
    • SABC 1

    Yolanda kry 'n vreemde oorbel in Ouboet se kar en haar twee en twee is ongetwyfeld vyf. 'n Onverwagse besoek van Rusty krap dinge nog verder om.

  • S01E06 Stink pap en stywe lyne

    • June 14, 1989
    • SABC 1

    Hendrik berei voor vir die jaarlikse hengelkompetisie en moet ook weens beweerde ongerymdhede voor n tugkomitee verskyn. Oupa word gedagvaar maar maak so neffens die hof 'n jakkalsdraai.

  • S01E07 Kwaliteit-tyd

    • June 21, 1989
    • SABC 1

    Hess en Wimpie bring rapporte huistoe. Hendrik begin gholf speel. Yolanda wil weer begin werk en Maggie voel dat almal tyd het vir alles, behalwe vir die gesin.

  • S01E08 Flaminco en Koffietafel

    • June 28, 1989
    • SABC 1

    Die van Tonders se huishouding word ontwrig wanneer die meubels teruggeneem word. Dis deels Wimpie en Oupa se skuld. Maggie blameer vir Hendrik terwyl Yolanda en Ouboet dinge verder vererger.

  • S01E09 Ma Staak

    • July 5, 1989
    • SABC 1

    Maggie besluit om te staak totdat al die lede van die gesin hul deel begin doen. Oupa sit met sy eie staking by die werk. Ouboet is in die moelikheid en staan gevaar om afgedank te word.

  • S01E10 Bennie Kom Huistoe

    • July 12, 1989
    • SABC 1

    Wimpie en Hess reis na Johannesburg vir 'n skooltoer. Bennie kom terug van die grens af en Maggie is verheug om haar "baba" weer by die huis te hê. Ouboet en Yolanda wil see toe verhuis.

  • S01E11 Die Kursus

    • July 19, 1989
    • SABC 1

    Hendrik gaan op 'n veiligheidsverteenwoordigerskursus wat saamval met Maggie se verjaardag. Vroulike agterdag lei tot die een misverstand na die ander wanner 'n vrou Hendrik se hotelfoon beantwoord.

  • S01E12 Ouboet En Yolanda Se Trek

    • July 26, 1989
    • SABC 1

    Poen Pienaar, versekeringsagent wil "totale gemoedsrus" aan 'n hardkoppige Oupa en Hendrik verkoop, sonder sukses. Hendrik, Wimpie en Koert help Ouboet met die trekkery terwyl Oupa by die klub gaan ontspan. Oupa vergeet waar hy parkeer het en die bakkie met Yolanda se huisraad op word "gesteel"

  • S01E13 Wiele

    • August 2, 1989
    • SABC 1

    Hess wil leer bestuur. Sy neem die bakkie sonder toestemming en maak 'n ongeluk. Hendrik gaan 'n weddenskap met Oupa aan terwyl Wimpie, Ouboet en Yollie gereed maak om 'n countryfees by te woon.

Season 2

  • S02E01 Wimpie verloor sy waardigheid

    • August 14, 1990
    • SABC 1

    Wimpie en Koert word sonder klere op die hotel se dak betrap en almal behalwe Hendrik wil hom "tug". Maggie se rok word by die droogskoonmaker opgevoeter maar Oupa reken dat 'n mens ten alle koste uit die hof moet bly.

  • S02E02 Sny-sny, knip-knip

    • August 21, 1990
    • SABC 1

    Ouboet werk aan die grassnyer met katastrofiese gevolge. Hendrik word oortuig om ter wille van Maggie se gesondheid en hulle huwelik 'n klein operasie te ondergaan. Wimpie en Koert "leen" brandstof vir hulle "go-cart" en die vrouens se motor gaan staan op pad na die aerobiese klasse.Spike bou sy eie dekodeerder.

  • S02E03 Daar's 'n Bulldog in die Koek

    • August 28, 1990
    • SABC 1

    Maggie se baksel beland in die hond se bek. Ouboet en Yollie sit met 'n boekrak vol boeke en Henderik moet red. Tyddeel steek kop uit maar die Van Tonders, veral Oupa, is baie skepties.

  • S02E04 Is ek vet?

    • September 4, 1990
    • SABC 1

    Wanneer Hendrik kla dat sy maag in die pad staan van sy golfvoorgee sit Maggie hom op 'n streng dieet. Ouboet bou 'n "smoke-o-matic-immobiliser" en toets dit op sy eie motor. Hess gee vir Jaco die trekpas na hy haar hart breek.

  • S02E05 Ongelukkig' van Orkney Skryf

    • September 11, 1990
    • SABC 1

    Yollie kry 'n brief in 'n tydskrif, maak haar eie gevolgtrekking en Ouboet moet dit ontgeld. Maggie eet van die frikkadelle wat Oupa vir die bure se blaffende honde gemaak het en slaap deur die krississe in die Van Tonder huishouding.

  • S02E06 Konynkoning

    • September 18, 1990
    • SABC 1

    Ouboet skryf namens sy vriend Johnny, 'n haas in vir die skou. Wimpie help met die hok en vul 'n vormpie in vir swembaddens. Carlos besoek die Van Tonders met katastrofiese gevolge.

  • S02E07 Giepie Wie?

    • September 25, 1990
    • SABC 1

    Ouboet bou 'n "Microlight" en Spike verander sy "image" wanneer hy bevorder word tot Opsiener. Hendrik begin twyfel of Ouboet sy seun is wanneer hy terugdink aan Giepie Stein, Maggie se geliefde van 25 jaar gelede.

  • S02E08 Bella Vermaas se Nood

    • October 2, 1990
    • SABC 1

    Koert en Wimpie sit reuse koringkrieke in 'n skoendoos vir hulle biologietaak.Ouboet oefen sy eerstehulpkursus op Hess en Maggie kry byna 'n oorval wanneer sy Hess so in verbande sien. Ouboet is in die moeilikheid wanneer hy en Hendrik 'n vrou in nood help.

  • S02E09 'n Ma Weet Alles

    • October 9, 1990
    • SABC 1

    Maggie gaan na 'n gesondheidsplaas en chaos heers in die huishouding. Hulle word besteel en eet later in die motorhuis, Oupa dreig om te staak en Ouboet en Yollie het hulle eie probleme.

  • S02E10 'n Kar het ook Gevoelens

    • October 16, 1990
    • SABC 1

    Maggie wil 'n nuwe motor hê Sy kry 'n spoedkaartjie wanneer sy Hendrik se bakkie leen. Koert het 'n afspraak met 'n meisie en Wimpie gee raad.

  • S02E11 Kompetisie-holics

    • October 25, 1990
    • SABC 1

    Maggie wil in Mauritius gaan vakansie hou maar Hedrik reken dist e duur.Oupa is weg Sun City toe.Die kinders skryf in vir 'n plaaslike talentkompetisie en Maggie skryf Hendrikkie in vir 'n babakompetisie in Klerksdorp.

  • S02E12 Hallo Skattebol

    • November 1, 1990
    • SABC 1

    Wanneer Hendrik laat van 'n vergadering terugkeer laat Maggie hom op die bank slap. Ouboet ontgeld dit ook net ingeval hy ook sulke gedagtes sou kry. Blomme help niks en die vrouens besluit om alleen uit te gaan om die manne terug te kry.

  • S02E13 Hoes, Snork en Knor

    • November 8, 1990
    • SABC 1

    Koert en Wimpie is kelners by Hess se matriekafskeid. Spike leen Hendrik se sweismasjien om sy huis toe te sweis. Maggie is bekommerd oor Hendrik se snorkgewoontes terwyl Ouboet probleme het oor wat Yolanda se tannie in 'n teekoppie gelees het. Oupa kom tot Ouboet se redding.

Season 3

  • S03E01 Riekie

    • April 14, 1992
    • SABC 1

    Hendrik en Maggie neem Hess na die onderwyskollege en Wimpie en sy meisie, Sonja gebruik die geleentheid om te "chat". Oom Hans betrap die twee en bederf Wimpie se pret.Ouboet koop 'n "Hot Dog" karretjie tot Yollie se aanvanklike ontsteltenis.Maggie verneem van 'n wesie en oorreed Hendrik dat hulle die kind moet inneem. Toe Maggie die dogtertjie gaan haal kom haar "boetie" ook saam.

  • S03E02 Poeksie se perm

    • April 21, 1992
    • SABC 1

    Spike kom van vakansie af en vra vir Hendrik om hom te help met die tweeling se kleuterskoolkonsert, "Die Dwergie se Gat". Hendrik bou die gat.Yollie skryf in vir die Potch "Permathon" en Neels is haar model. Dinge loop lelik skeef en hy lyk soos 'n rooskleurige nar.

  • S03E03 Benoude verhoudings

    • April 28, 1992
    • SABC 1

    Sonja help vir Wimpie met meer as sy huiswerk, tot Maggie se ontsteltenis.Ouboet werk aan sy "Hot Dog" waentjie en Yolanda is so die hoenders in vir hom dat hy uitgesluit word.Ouma Gous daag onverwags op en ontwrig die hele huishouding. Oupa Gous het saam met vriende gaan visvang.

  • S03E04 Herverdeling van

    • May 5, 1992
    • SABC 1

    Ouboet wil sy besigheid op die proef stel en Ouma Gous is al wat kan help.Hendrik slaan 'n kolhou by die Gholf en Ouma Gous word gearresteer omdat sy 'n verkeerskonstabel aanval. 'n Oorywerige sekuriteitswag blaas Ouboet se "Hot Dog" waentjie die lug in.

  • S03E05 Die Sterre voorspel

    • May 12, 1992
    • SABC 1

    Yolanda bel Amerika om haar sterrevoorspelling te kry. Wanneer die rekening kom het sy moeilikheid en as Maggie weier moet Ouma Gous help.Hendrik jaag saam met Ouboet huistoe om te gaan help met 'n brand.Hendrik en Maggie is oortuig dat Wimpie en Sonja dinge bietjie kalmer moet vat en koop vir hulle 'n voorligtingsvideo. Neelsie slaag byna om saam na die video te kyk.

  • S03E06 Versnipperde vis

    • May 19, 1992
    • SABC 1

    Sonja skryf in vir die "Face of the nineties" fotokompetisie. Hendrik en Vis van Wyk bespreek 'n visvangtoer na Mauritius. Die skaars boek wat Vis vir Hendrik leen beland per ongeluk in Riekie se skooltaak. Ouboet loop die motor op 'n uitverkoping in Klerksdorp mis maar kom tot die redding met 'n geskenk wat hy daar vir Hendrik koop.

  • S03E07 Ek is Liz

    • May 26, 1992
    • SABC 1

    Pine en Spike begin 'n besigheid wat veiligheidsheinings verskaf. Spike se benadering om deur mense se vensters te klim as bekendstelliong werk nie altyd so goed nie. Hendrik probeer self die wasbak se kraan regmaak maar uiteindelik moet Maggie maar 'n loodgieter inroep, 'n baie oulike loodgieter.

  • S03E08 Ek gaan see toe

    • June 2, 1992
    • SABC 1

    Hendrik en Maggie neem die twee kleintjies Margate toe om die eerste keer die see te sien. Wimpie en Sonja is dirigente vir die interskool-atletiek maar dinge loop bietjie skeef wanneer hulle, in Hendrik en Maggie se afwesigheid, ‘n partytjie in die Van Tonders se huis hou.

  • S03E09 Serenade vir Sonja

    • June 9, 1992
    • SABC 1

    Wimpie vertel stories van Sonja om by sy vriende te spog. Sy kom daarvan te hore en verbreek hulle kys. Wimpie is gebroke en komponeer ‘n liedjie.Oom Hans en Ouboet skryf in vir ‘n gemerkte visvangkompetisie. Ouboet vang die meeste babers en Spike val ‘n vis met sy kop dood.

  • S03E10 Roofkykers

    • June 16, 1992
    • SABC 1

    Weens ‘n misverstand oor hulle TV lisensie luister die Van Tonders oor die radio na ‘n belangrike rugbywedstryd. Ouboet spuitverf sy nommerplate om die spoedkameras te beduiwel maar dit werk nie.Maggie en die kinders gaan na ‘n ysskaatsvertoning.

  • S03E11 Sorry vir my Borrie

    • June 23, 1992
    • SABC 1

    Ouboet in ‘n ongeluk betrokke en wanneer Liz die boodskap oordra is Yollie dadelik agterdogtig. Hendrik is bitter ongelukkig oor die nuwe mynkaptein. Oom Hans ontmoet vir Rusty en haal Oupa se streke uit.

  • S03E12 My maatjie

    • June 30, 1992
    • SABC 1

    Maggie gaan help vir Yollie en Hendrik moet die huis oppas. Hendrik kry egter ‘n gholfafspraak en vra oom Hans om Riekie en haar maatjie, Alexis, op te pas. Op sy beurt vra oom Hans vir Wimpie en Sonja om die kinders op te pas. Dié twee drink egter van oom Gawie se vrugtekelkie en kyk nie eintlik na die kinders nie.

  • S03E13 Spiere

    • July 7, 1992
    • SABC 1

    Ouboet wil soos Tarzan lyk en gebruik hulle spaargeld om by ‘n gimnasium aan te sluit. Yollie is woedend. Ouboet moet ‘n “before” foto laat neem en die plan is om ook ‘n “after” foto te laat neem. Die gimnasium verdwyn egter.Wimpie en Sonja bekommer Maggie en Hendrik verwoes haar oefenfiets.

Season 4

  • S04E01 Romeo Van Tonder

    • July 14, 1992
    • SABC 1

    Wimpie word gekies om ‘'Romeo' in ‘'Romeo en Juliet' te speel. Sonja is vies omdat Annatjie Gous die rol van ‘'Juliet' gekry het. Hendrik neem die kinders om te gaan swem en duik skoon uit sy swembroek. Ouboet vertel Hendrik van die groot gemors by die Klerksdorp inry en sy broederlike raad aan Wimpie is om nie te '‘jol' nie – dit veroorsaak net hartseer.

  • S04E02 Jou Sester Hester

    • July 21, 1992
    • SABC 1

    Ouboet en Yollie kry ‘n spoedkaartjie en Oom Hans gaan saam met Ouboet hof toe om die boete te help verminder. Hess kom kuier. Maggie en Hendrik is egter nie ingenome met haar nuwe kêrel nie. Sonja se ma reken Wimpie is te '‘laag' vir haar dogter want sy pa is net ‘n myner.

  • S04E03 Boepens van die Vaal

    • July 28, 1992
    • SABC 1

    Hendrik en Oom Hans gaan vang vis by die plesieroord. Die brandweer hou hul jaarlikse partytjie daar en Oom Hans en Hendrik word bygesleep. Hendrik word bekroon as Mnr ‘'Boepens van die Vaal'. Ouboet neem aan ‘n ‘'rally' deel met ‘n kar wat soos ‘n vetkoek lyk en verdwaal hopeloos.

  • S04E04 Toekennings en Trofees

    • August 4, 1992
    • SABC 1

    Dit is tyd vir die Myn se jaarlikse prysuitdeling maar Spike se vrou weier om saam met hom te gaan. Hendrik oortuig vir Spike om vir Liz, die nuwe vakleerling, saam te nooi. Maggie kry vir haar drie nuwe rokke waarvan Hendrik een moet kies maar uiteindelik al drie moet koop. Hendrik wen ‘n trofee en dit is die hoogtepunt van die aand.

  • S04E05 'Die Entrepeneur'

    • August 11, 1992
    • SABC 1

    Wimpie wil by Hendrik geld leen vir ‘n nuwe ‘'Ghetto-Blaster'. Ongelukkig groei geld nie op Hendrik se rug nie en moet Wimpie vir hom ‘n werk kry. Maggie is oortuig dat Yolanda weer verwag en neem haar hospitaal toe. Riekie en haar maatjie, Alexis, trek vir Neelsie soos ‘n pop aan en klim ook lustig in Maggie se grimering in. Oom Hans verloor nie net sy waardigheid nie, maar ook al sy klere in ‘n pokerspel met Rusty en die weduwees.

  • S04E06 Handige Hendrik

    • August 18, 1992
    • SABC 1

    Hendrikkie word siek van hondekos wat hy inkry en Ouboet en Yollie oorreageer. Wimpie maak vir Sonja en Annatjie Gous verjaardagkaartjies maar hy is nie goed met adresse nie en dinge loop skeef. Wanneer Hendrik self ‘n dakwaaier probeer insit spat die vonke. Boonop prober Spike hom dit nadoen met rampspoedige gevolge. Maggie vergeet haar handsak in die supermark maar kry dit op verrassende wyse terug.

  • S04E07 Koert se Liz

    • August 25, 1992
    • SABC 1

    Ouboet is besig om vir klein Hendrikkie ‘n '‘go-cart' te bou. Oom Hans se dogter bel hom om vir hom te sê dat hy nou maar kan terug treken almal is baie hartseer om van hom afskeid te neem, veral Riekie. Spike se vrou wil saam met ‘n paar ander in die dorp se hotel gaan '‘belly-dance' en hy klop by Hendrik en Maggie om hulp aan. Wimpie reel intussen vir Koert ‘n afspraak met Liz Koekemoer en die vier van hulle gaan na ‘n maskerbal. Wanneer hulle Maggie se motor wil dokter gaan hulle te ver.

  • S04E08 Die Gerommel van Tromme

    • September 1, 1992
    • SABC 1

    Ouboet gaan na die pandjieswinkel om ‘n skottelgoedwasser te koop maar kom met ‘n stel tromme terug. Spike leen die tromme sodat Yollie eers kan afkoel. Maggie se ma kom onverwags kuier en is ‘n onmisbare ergenis. Wimpie en Sonja is in die sop wanneer hulle antwoordstelle vir ‘n wiskundetoets identies is.

  • S04E09 'Slaap Hoendertjie Slaap'

    • September 8, 1992
    • SABC 1

    Wimpie en Koert bou ‘n wekker as skooltaak. Ouboet sien potensiaal in die wekker-idee maar sy weergawe werk soos al sy projekte maar werk. Die hipnotiseur Rex Dexter tree by die klub op en Wimpie en Koert kry ‘n boek oor hipnose in die hande. Met die eerste probeerslag in die motorhuis reageer Hendrik op die hipnose en Bettie se “"Bulldog" sit hom agterna. Neelsie en Sonja kry ook die boek onder oë…..

  • S04E10 Bersie en Bollie

    • September 15, 1992
    • SABC 1

    Wimpie en Ouboet het elk ‘n troetelitem uit hul kinderdae. Wimpie het vir "“Bersie" sy kombers en Ouboet vir “"Bollie" sy vonkprop. Spike wys water aan met ‘n mikstok maar dit het rampspoedige gevolge. Terwyl Maggie se mangels verwyder word help haar ma met die huishouding en die kinders mis ‘n dag se skool. Hendrik skiet Bettie se "“Bulldog" met ‘n albaster. Wanneer die polisie en DBV kom ondersoek instel "“help" Spike vir Hendrik.

  • S04E11 Die Finale Besluit

    • September 22, 1992
    • SABC 1

    Hendrik, Ouma en Ouboet wed skelm op die perde. Hulle vra vir Koert om die kaartjies vir sy pa te gee. Wimpie en Koert voel dis weer tyd om ‘n partytjie by die huis te hou en benader die probleem op ‘n unieke wyse. Ouboet word gekies om vir die '‘mechanics' rugby te speel teen die '‘appies' en hardloop in teen die paal vas. Koert neem sy plek in en word as '‘Mechanic of the Match' gekroon. Tot Ouboet se verdere onsteltenis dans Yollie die aand van die partytjie met Koert. Ouma se perde wen maar daar is ‘n kinkel in die kabel.

  • S04E12 Verdwyn...hier kom die Welsyn

    • September 29, 1992
    • SABC 1

    Spike kla by Hendrik dat almal oor hom loop en hy besluit om in te skryf vir ‘n kursus in ‘'assertiveness'. Maggie word vreeslik onstel deur ‘n brief vanaf die welsyn wat sê dat hulle die Van Tonders kom besoek. Mev Haasbroek van die welsyn daag dan ook op en natuurlik loop alles verkeerd in die Van Tonder-huishouding. Ouma kom egter tot die redding. Wimpie gee vir Riekie ‘n hangertjie vir haar verjaardag en sy raak dolverlief op hom. Hendrik en Maggie kry voogouerskap oor die twee kinders en Spike kry amper ‘n tuinvurk in sy maag toe hy vir Ouma probeer voorsê.

  • S04E13 Daar's Liefde in die Lug

    • October 6, 1992
    • SABC 1

    Spike se tweeling besmeer al sy gereedskap met supergom en Hendrik moet hom help om dit af te kry. Ouboet en Yollie moet Johannesburg toe vir sake – hulle wil hulle eie 087 inbelnommer te kry. Dinge loop skeef wanneer Ouboet voor die mikrofoon vries. Koert versprei allerhande stories oor Liz en sy volg hom tot by Wimpie hulle se huis om hom reg te sien. Ouma help vir Maggie om vir die kinders kostuums te maak vir die skoolkonsert. Koert is verlief op Liz en hy en Wimpie maak ‘n plan om haar hart te wen. Hendrik, Spike en Ouboet se snorkery gee hulle probleme.

  • SPECIAL 0x3 Orkney Snork nie! - Die Reünie

    Byna drie dekades nadat Orkney snork nie duisende Afrikaanse huishoudings vasgenael voor die televisie gehad het, vind mense steeds aanlkank by dié vermaaklike sitkom. Teatergangers was onlangs in vervoering tydens 'n reünie van dié akteurs wat AfriForumTV by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied het. Dit het duidelik baie herinneringe by hulle wakker gemaak en ná afloop van die gesprek het hulle oor hul voete geval om hul gunstelingkarakters te ontmoet.

Additional Specials