'n Partytjie waar die de Bruyns en van Rijns teenwoordig was, haal die koerant, veral omdat Markusvan Rijn 'n footjie aan Boykie Roberts, mede-eienaar van Soetwaterfontein, gegee het.
Markus is nie gemaklik met Bertus se teenwoordigheid op die plaas nie en Bertho kom van die onmin met die De Bruyns te wete.
Hannah probeer steeds om Hugo se aandag te kry en hou duidelik nie van Deidré nie. Markus begeef hom op 'n nuwe terrein en word deur Con gekonfronteer.
Con is op die oorlogspad en Jacques moet dit ontgeld. JP kry slegte nuus en onstellende inligting kom ter sprake oor Bertus se verdwyning.
Chloe speel kat-en-muis met Hugo. Harm, Monique se agent, daag by die plaas op. Charmaine kry snuf in die neus oor JP se norsheid.
Dinge loop vir JP skeef en dan loop hy vir Bertus raak en Emma konfronteer vir Markus oor Bertus. Deidré veroorsaak dat Con 'n belangrikegebeurtenis misloop.
'n Verrassing wag op Chloe, Maria-Celeste vertel hoe sy en Bertus mekaar gevind het en Miems is vir 'n verandering sprakeloos by die vrugtestalletjie.
Effie spreek vir Con onder vier oë en Chloe kry kans om met Luke te praat. Harm maak weer sy verskyning en Hugo krap waar hy nie moet nie.
Hugo en Monique loop mekaar per ongeluk raak en 'n aantreklike blondine daag by die praktyk op. Boykie sit vir Miems subtiel op haar plek.
Hugo en Hannah se verhouding wil maar net nie vlot loop nie en sy kry snuf in die neus oor sy doen en late. Markus maak vir Monique 'n aanbod.
Beulah beproef haarself weer en Monique en Jacques bring al hoe meer tyd saam deur. Charmaine en Con kry elkeen 'n verrassing.
Con en Jacques begrawe die strydbyl maar Boykie is op die oorlogspad oor Deidré. Hannah kry 'n onverwagse besoeker en daar wag ook 'n verrassing op Markus.
JP sukkel steeds om wat gebeur het, te verwerk terwyl Hugo se wêreld uitmekaar val. Monique en Markus het 'n onderonsie. 'n Drama speel by die kuil af.
Dis winter en dis maar stil in die vallei. Effie is nie beïndruk met Bertito nie en Hannah sorg vir 'n paar verrassings terwyl Chloe onstellende nuus kry.
Luke kry onstellende nuus by Chloe en Boykie kry homself baie jammer. Ten spyte van 'n ietwat meer ontspanne verhouding tussen Markus en Bertho, bly Markus steeds sinies.
Jacques en Monique slaan almal se voete onder hulle uit. Charmaine is siek en Hannah moet die praktyk gaan help, dan daag Hugo daar op.
Jacques daag by sy ouerhuis op wanneer hy nie moet nie. JP word deur Charmaine voor 'n ultimatum gestel en Monique is in 'n toestand voor haar troue.
Die troue lewer dramatiese oomblike en ewe dramatiese nagevolge op.
Boykie skop erg teen die prikkels oor sy gesondheid. Terwyl Jacques hom met Monique teen 'n muur vasloop, blom ander verhoudings in die vallei, maar nie vir almal nie.
Effie en Jacques ruk hulle vir mekaar op. Chloe se lewe verander handomkeer. Boykie probeer alles in sy vermoë om weer te kan begin werk.
JP maak sy hart teenoor Charmaine oop en Beulah maak Effie woedend. Hugo daag by die praktyk op en hy en Lukas kyk mekaar vierkant in die oë.
Hugo vertel wat die noodlottige sondag gebeur het. Jacques en Monique kry uiteindelik tyd om met mekaar te praat. Bertho is besig om sy hemeur vir Markus te verloor.
Monique is geskok oor bewerings wat Bertho maak. Effie kan nie vergewe of vergeet nie en beraam 'n plan wat Boykie ontstel.
Boykie het Jacques se hulp nodig met 'n geheime plan. Bertito maak sy hart teenoor Beulah oop terwyl Markus se optrede Monique verras.
Wat met Boykie gebeur het, gooi almal se lewens omver. Con kry die nuus oor Jacques se geskenk wat hy by Markus gekry het. Beulah maak 'n gewigtige besluit.