Frik reël met die Sun City busbestuurder om by Eugene se winkel te stop vir aandenkings, by die Vetkoekpaleis vir kos en by Tiger se garage vir brandstof en om ´n draai te loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, ´n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verbyry. Worsie kom tot die redding.
Boeboe doen 'n besering op en moet vir 'n week in traksie lê. Frik moet iemand kry om uit te help, want anders gaan hy 'n belangrike rugby wedstryd misloop. Hy en Poppie kry stry en sy weier om te help. Tiger gee vir hom 'n plek se naam waar hy kelnerinne kan kry, maar tot sy skok is dit 'n "escort agency".
Frik moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly. Wanneer Poppie siek voel en vroeg huistoe gaan is Boeboe oortuig dat Poppie swanger is. Worsie vertel dit vir sy ma, wat op haar beurt die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg.
Poppie se werk stuur haar vir 'n kursus in Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was, maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.