Home / Series / Dryfsand (ZA) / Aired Order /

All Seasons

Season 1

  • S01E01 Episode 01

    • April 14, 2007
    • Showmax

    ‘n Vliegtuig met ‘n vrag goud vertrek van die Vrystaatse goudvelde na die raffinadery aan die Rand. Aan boord is menseverhoudings van meet af aan gespanne, ook omdat die loods se vrou toevallig op die vlug is. Halfpad verdwyn die vliegtuig van die radarskerms af en radioverbindings word verbreek. Die verdwyning van die vrag goud ontwrig die lewens van almal wat betrokke is.

  • S01E02 Episode 02

    • April 21, 2007
    • Showmax

    Wanneer Carstens, van wie die loopbaan deur die verdwyning van die vliegtuig vernietig is, weer die saak begin ondersoek, gebeur vreemde dinge. Hy ontmoet die rower se dogter, Charlotte, en weet dat niks ooit weer dieselfde sal wees nie. Ook dat daar meer agter die roof skuil as wat op die oppervlakte sigbaar was en dat die donker magte wat die roof beplan en uitgevoer het, steeds in die gemeenskap aan die werk is.

  • S01E03 Episode 03

    • April 28, 2007
    • Showmax

    Soos die verhouding tussen Carstens en Charlotte groei, groei ook die bedreiging. Enkele onverantwoordelike woorde gee aanleiding tot ‘n kroeggeveg wat lei tot ‘n besonder wrede, en moontlik selfs rituele moord in Carstens se huis. Die bedreiging is duidelik op Carstens gemik en iemand is besig om sy spore met die opperste geweld en gewetenloosheid dood te vee.

  • S01E04 Episode 04

    • May 5, 2007
    • Showmax

    Die merkwaardige Kaptein Jacobs maak sy toetrede, som die gevaar op, en dring daarop aan dat Carstens tydelik verdwyn. Maar Charlotte is skielik soek. Carstens breek sy belofte aan die Kaptein en gaan soek haar. Hy kry haar uiteindelik -- besig met onverklaarbare dinge op ‘n vreemde plek. Hulle word deur die onsigbare bedreiging ingehaal en ervaar daardie bedreiging se geweld.

  • S01E05 Episode 05

    • May 12, 2007
    • Showmax

    Die redes vir Charlotte se vreemde optrede word duidelik, maar die eerste breuk tussen haar en Carstens ontstaan. Sy word self ook agtervolg en ontkom ternouernood, maar iemand anders is nie so gelukkig nie, en ‘n tweede moord word gepleeg. Uit die oënskynlik onskuldige slagoffer se nalatenskap begin dit blyk dat haar onskuld ‘n masker was en dat sy nie sonder internasionale bande opgetree het nie.

  • S01E06 Episode 06

    • May 19, 2007
    • Showmax

    Charlotte ontdek ‘n verbysterende familieagtergrond en ontvang ‘n besondere erfstuk en ‘n brief met opdragte van ‘n vermoorde. Maar intussen is daar ‘n aanslag op Carstens se lewe en begin die ontrafeling van die geheim van Charlie wat tydens die roof uit Dar es Salaam gebel en almal op die verkeerde spoor gesit het.

  • S01E07 Episode 07

    • May 26, 2007
    • Showmax

    Die verassing van Inge Bessermann word gereël, Charlotte ontmoet die prokureur Delweary en ontdek steeds meer van haar agtergrond en die geheimsinnighede daaraan verbonde. Sy strooi die as in vreemde omstandighede terwyl sy uit die nag wat haar omring deur onbekende oë dopgehou word. ‘n Studie van martel-instrumente word gemaak en ‘n nuwe liefde ontwaak.

  • S01E08 Episode 08

    • June 2, 2007
    • Showmax

    Die Kaptein gooi sy gevaarlike aas uit. By prokureur Delweary ondergaan Charlotte ‘n verdere hartsverandering wanneer die verlede voor haar oopgaan en sy die diepte van haar agtergond begin besef. Sy ontvang ‘n besondere seël en leer ken die beskaafde optrede van die prokureur. Maar vis hy? Koot Welters skep ‘n veilige bewaringsplek en die redes vir Charlotte se verwerping kom aan die lig.

  • S01E09 Episode 09

    • June 9, 2007
    • Showmax

    ‘n Vroeëre moord, agt jaar voor die roof, dryf na die oppervlakte. Die aas wat die Kaptein uitgegooi het, word opgeraap maar die vis kom gewelddadig los. Charlotte word iemand anders. Heinrich en Nanette se gevangeskap raak steeds meer beknellend en hulle probeer vlug. Johannes ontdek ‘n dominatrix.

  • S01E10 Episode 10

    • June 16, 2007
    • Showmax

    Hierdie week in Dryfsand slaan Heinrich en Nanette op vlug... Charlie se ware identiteit word ontdek... Lindenberg en Carstens stuur ‘n soektog van stapel... En Charlotte en Carstens skryf ‘n gedig met diepgaande gevolge…

  • S01E11 Episode 11

    • June 23, 2007
    • Showmax

    Charlotte en die Kaptein ontvang ‘n boodskap. Carstens en Lindenberg ontgin die moontlikhede van hoogtevrees en word deel van ‘n komplot. ‘n Groot lig gaan vir Johannes op. En die lot van die geskaakte vliegtuig en sy loods word opgeklaar.

  • S01E12 Episode 12

    • June 30, 2007
    • Showmax

    Ons ontmoet die loods van die geskaakte vliegtuig. Johannes sien die paradys voor hom oopgaan en ontdek die pynlike vreugdes van die sweep. Sy mond word geopen en die Kaptein leen boeie. Charlotte ontvang ‘n vreemde besoek, gaan weer prokureurs toe en sy en Koot verdwyn. Die Kaptein het een vraag om vir Johannes te vra.

  • S01E13 Episode 13

    • July 14, 2007
    • Showmax

    Die Kaptein laat ‘n boodskap en ontvang hulp. Hy leer van die Organisme en ons sien hoe Charlotte en Koot teen mekaar afgespeel word. Charlotte word vir die altaar voorberei waarop sy van haar eer sal afstand te doen. Lindenberg en Carstens word gedwing om te duik en by ‘n heuglike geleentheid belowe Koot vir Carstens slae.